Agristart
← Back to Blog

Voorslagboere bekroon

2015-11-24 · Volksblad

 

This Article first appeared in Volksblad ([netwerk24.com](https://www.netwerk24.com)) issue of 24 November 2015 and has been formatted for web viewing by Agristart.

 

Die nasionale bees- en skaapboer van die jaar is op 'n spoggeleentheid by Leopards & Lace in Bloemfontein aangewys. Hulle is Nelius van der Westhuizen van die Juriesfonteinboerdery wat met stoet- en kommersiële merino's naby Loxton in die Noord-Kaap boer, en Kleinjan Gasekoma wat met stoetbraunvieh- en kommersiële beeste naby Reivilo in Noordwes boer. Saam met hulle is Gasekoma se mentor, Cois Harman, van die plaas Welverdiend in die distrik Zeerust.